top of page

OUR ARTISTS

Eloff het onlangs die musiekwêreld opgeskud met duet-uitreikings saam met Die Piesangskille (Groeipyne), Early B (Bikiniweer), en Demi Lee Moore (As Ek Dalk), wat die trefferlyste stormgeloop het. Nou is Eloff terug met ’n splinternuwe album wat al sy onlangse enkelsnitte insluit, plus vars klanke soos die liedjie “Wat Kan ’n Man Dan Doen”.
Die titeltrack, “Wat Kan ’n Man Dan Doen”, kom met ’n musiekvideo in Eloff se kenmerkende styl – presies wat aanhangers verwag!
Maar waaroor gaan die liedjie?
“Maak nie saak hoe taaie tye jy deurmaak nie, daar’s altyd ’n silwer randjie. Dalk verloor jou span, maar het goed gespeel, of jou steak is taai, maar dit lyk darem lekker gebraai,” verduidelik Eloff met ’n glimlag.
Die album spog ook met Eloff se vorige treffers soos “Vlerke”, “Koue Kole”, en “Lek My Lippe Af”. Boonop verras hy met twee nuwe weergawes van “Maybe My Baby” – een bruis met Lofpop-energie, terwyl die ander ’n rustiger, akoestiese gevoel het.
So, wat kan ’n man nou eintlik doen? Gryp Eloff se nuwe album en geniet “Wat Kan ’n Man Dan Doen”

VENTER IS HIER! SY DEBUUTENKELSNIT BRUIS VAN NOSTALGIE!
Afrikaans Op Die Platteland se Nuwe Talent-kompetisie het ‘n waardige wenner opgelewer: Venter, wat nie net die gesogte titel ingepalm het nie, maar ook ‘n platekontrak met Select Musiek in die sak gesteek het.
Tydens die fees het Venter die publiek betower met sy vertolking van Theuns Jordaan se geliefde liedjie, “Deur Die Winters”. Sy hartroerende weergawe het hom ‘n warm ontvangs besorg en is nou sy eerste enkelsnit, beskikbaar op alle digitale platforms, kompleet met ‘n splinternuwe musiekvideo.
“Dit is vir my ‘n groot voorreg om ‘n cover te doen van so ‘n groot legende soos Theuns Jordaan. Ek hoop dat mense aanklank sal vind met my weergawe en die nostalgie van die liedjie, maar ook nuwe klanke sal verwelkom. Ek hoop Oom Theuns sal trots wees,” vertel Venter.
Venter is reeds op ‘n landwye toer met sy optredes en werk gelyktydig aan oorspronklike musiek wat binnekort vrygestel sal word. Sy passie en talent beloof om Afrikaanse musiek verder te laat blom.
Sluit aan by die viering van Venter se reis en laat die klanke van “Deur Die Winters” jou hart verwarm. Luister nou en bly ingeskakel vir meer van hierdie opkomende ster!

PASGETROUD EN SMOORVERLIEF – WILMA HANG NOU LETTERLIK AAN HAAR MAN SE LIPPE!
Wilma van Heerden het onlangs die ja-woord gegee aan haar groot liefde, en dít juis terwyl haar splinternuwe liedjie, “Hang Aan Jou Lippe”, bekendgestel word – kompleet met ’n sprankelende musiekvideo.
Jy ken reeds haar vorige suksesvolle enkelsnitte soos “SySoen”, “Maklike Wiskunde” en “Koebaai Aan My Hart”, maar dié keer bring Wilma ’n vars en unieke klank na vore. Sy meng haar kenmerkende popstyl met heerlike country-invloede, en die resultaat sal jou behoorlik verras!
“Hang Aan Jou Lippe” is geskryf deur Wilma self, saam met Nicholas Jordaan en Hugo Ludik, en vervaardig deur Muse Studios, dieselfde span wat agter haar vorige treffers staan.
Die tydsberekening kon nie beter wees nie, aangesien Wilma nou ’n splinternuwe avontuur saam met haar man, Dewalt, aanpak. As jy hulle op sosiale media volg, sal jy vinnig sien hoe dié tweetjies letterlik aan mekaar se lippe hang!
Wie weet, dalk inspireer dié liedjie jou ook om ’n bietjie meer tyd aan jóú geliefde se lippe te spandeer…

Rubber Duc: Redefining South African Alt-Pop
Since bursting onto the music scene in 2014, Rubber Duc has become one of South Africa’s most exciting and beloved bands, known for their eclectic alt-pop sound and electric stage presence. With hits like Ain’t Nobody Got Time For That, It’s Alright, and Through The Night, they’ve captured the hearts of fans across the country.
From their debut album, The Secret Sunrise (2016), which earned two SAMA nominations and international acclaim, to unforgettable performances at iconic festivals like Rocking the Daisies, Oppikoppi, and Splashy Fen, Rubber Duc continues to make waves with music that’s witty, relatable, and impossible to ignore.
2025 marks an exciting chapter with the upcoming release of their EP, Old Money. Packed with infectious hooks, clever storytelling, and melodies that get stuck in your head, their latest work promises to elevate the Rubber Duc experience to new heights.
Trusted by top brands such as Investec, BMW, Dimension Data, and Sun International, the band has become a sought-after act for high-profile events and private performances, leaving audiences energised and inspired.
Whether on stage or through your speakers, Rubber Duc’s music is an instant mood-lifter and the perfect soundtrack for every moment. Don’t miss your chance to experience them live—your next favourite song is just a play away.

NOU LEWE SHAKIRA PEACH!
Shakira het golwe gemaak onder jong aanhangers met haar twee enkelsnitte “Disco” en “Spook”. Nou begin Shakira lewe in die musiekbedryf met haar nuwe enkelsnit “Lewe Vir Jou” wat nou beskikbaar is.
Hierdie liedjie is geïnspireer deur die oorspronklike treffer “Ek Lewe” van Anneli van Rooyen. Shakira het splinternuwe verse vir die song geskryf, maar die welbekende koor van die oorspronklike liedjie gehou oor ‘n opwindende nuwe verwerking.
“Ek wou die liedjie soveel as moontlik probeer eg maak aan myself met wat ek al ervaar het in die lewe. Ek sing in die liedjie hoe ek gemaak is om na liefde te strewe. Al wat ek van die ander persoon vra is om ook oop te maak. Almal verdien om liefde te ontvang en te deel”, vertel Shakira.
Maak gereed om hierdie nuut-verwerkte treffer van voor af te geniet en maak seker jy kyk die musiekvideo wat Shakira se energie en strewe na liefde na vore bring.

​Renowned for their exceptional songwriting and innovative production, the pop group Monark has been a staple on South Africa’s mainstream airwaves since forming in 2012. Originating from Potchefstroom, the band crafted a grandiose style and anthemic sound that resonates widely. Known for their commanding vocal presence and clear falsetto, their music features hook-laden writing and powerful percussion. The group earned an MK Award for Best Newcomer and an iTunes New Artist feature in 2015, coinciding with the release of their debut album, Negatives. As undisputed radio favorites, they continue to captivate charts and festival stages across the country with their signature pop sound.

ADAM is 'n bekroonde drieband uit Suid-Afrika, bestaande uit die talentvolle musikante Hugo Ludik, Christoff de Beer, en Nick Jordaan. Hulle spesialiseer in 'n betowerende popklank wat 'n mengsel van varsheid en aansteeklikheid bied, verryk met 'n bietjie volwasse kontemporêre styl. Merkwaardig het ADAM se albums 'Vir Jou Gemaak' en 'Goud' onlangs goue status bereik, en hul verkope bly voortdurend styg.

Matt Gardiner is a multi-talented
singer-songwriter, musician and producer from Pietermaritzburg, South Africa, who in his solo show combines his strong vocals, guitar with a looping pedal for an upbeat, vibey & captivating performance. He can also be seen with his band as a 3 piece in a high energy, exciting live show.
He made his South African national debut in 2016 when he became one of the Top 37 contestants of South African Idols.
Matt has since shared stages with artists such as Matthew Mole, Will Linley, Rubber Duc, Majozi, Desmond and the Tutus, December Streets, Prime Circle, Micasa, Arno Carstens, Just Jinjer as well as international pop duo Neon Dreams, to name a few.
Apart from sharing stages, Matt has gone on to perform on some of the most prestigious stages around the country including Splashy Fen, Lube and Tube, Old Mutual Music at the Lake, Ballito Pro to name a few, as well as other festivals and events.
A highlight in Matt’s career was representing South Africa at the Shanghai International Sister Cities Youth Camp in 2013 for music and culture, as well as winning the award for music at the 2018 KZN Young Achiever’s Awards.
He describes his music as acoustically written and transformed into a uniquely different pop sound with electronic production, deep and melodic bass-lines which can also be experienced in his solo or full band performances.
His single Brown 'Hair, Brown Eyes' has been heard across radio stations nation wide and even went on to taking the #1 spot, closely tailed by his follow up single ‘Believer’ which has at the time of writing reached number 2 on the 5FM Pop chart. His new single Hometown Drama that he did with American producer John McLucas is out everywhere now.

Jacques Not Jack: 'n Opkomende Ster in Volkspop
Ontmoet Jacques Not Jack, 'n begaafde musikant van Pretoria, Suid-Afrika, wie se boeiende volkspopmusiek besig is om stadig maar seker aandag te trek. Van kleins af, toe hy op nege in sy broer se kamer ingesluip het om liedjies te leer, het Jacques sy passie verweef in hartroerende melodieë wat die siel raak. Sy nuutste enkelsnit, "Wees," is 'n pragtige voorbeeld van sy talent om snitte te skep wat emosioneel resoneer en by luisteraars bly.
Gewortel in die Afrikaanse musiektradisie, vermeng Jacques se liedjies sagte volkspopmelodieë met hartroerende lirieke, wat 'n warm, uitnodigende klank skep. Treffers soos "Aandklas," "OD," en "Minder Mis" het vir hom 'n toegewyde aanhang besorg, en "Wees" bied nog 'n kykie in sy artistieke hart. Met drome om die Afrikaanse trefferlyste te bestyg en op feesverhoë op te tree, is Jacques Not Jack 'n kunstenaar wat aan die opkom is. Duik in sy musiek en sluit aan by 'n reis van emosie en ontdekking!

SINGER-SONGWRITER, MATTHEW CHARLES RELEASES HIS
DEBUT SINGLE, “HOME”
21-year-old local talent Matthew Charles has dropped his debut single titled, ‘Home’. A journey that started with a love for music since before he
can remember has led him to this moment, where he can finally share his
own original music with the world. “Music has always been the best way
for me to express myself,” Matthew shares. When it came to developing
his debut single, he found himself fixated on the idea of ‘home’ - not being
a place, but rather a feeling you have when you’re around someone

POSDUIF, 'n Suid-Afrikaanse band en trotse ontvanger van die SAMA vir "Beste Pop Album," maak golwe met hul vars en energieke klank. Gestig in 2018, het hierdie dinamiese groep gedebuteer met die treffer "Brandy Special," wat die aandag van honderde duisende op sosiale media vasgevang het.
Sedert hul ontstaan het POSDUIF drie ekstra enkelsnitte vrygestel - "Een Vir My," "Laat Val Die Water," en "Herinner My." Hul debuutalbum, getiteld "Niks Vergelyk," het die eerste enkelsnit en musiekvideo van dieselfde naam ingesluit, vrygestel op 21 Oktober 2022. Gunstelinge soos "Stellenbosch Somersaand" en "Spinnekop" het gevolg.
In 2022 het POSDUIF die South African Music Award (SAMA) vir "Beste Pop Album" ingepalm. In 2023 het hulle twee gewilde treffers bekendgestel, "Vat Jou Hoender" en "Waar Ek My Lippe Neerlê," waarvan die eerste hul mees gestroomde lied tot dusver is.
Al POSDUIF se enkelsnitte en musiekvideo's het wydverspreide lof gekry, deur die ranglyste van verskeie plaaslike radiostasies te domineer en duisende kyke op YouTube aan te teken. Die groep se uitnemendheid het hulle nominasies vir Groep van die Jaar en Lied van die Jaar van Bok Radio opgelewer.
Met 'n unieke klank en 'n onwrikbare passie vir musiek spreek POSDUIF mense van alle ouderdomme aan. Hul vermoë om die positiewe aspekte van die lewe te vier, maak hulle 'n gewilde keuse. Verseker nou jou bespreking met POSDUIF om die sielskudding self te ervaar.
bottom of page